Hy is moeg, fisiek én geestelik, het Derick Hougaard Saterdag gesê pas nadat hy uit die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria ontslaan is.
Hy is Donderdag vir die vierde keer in vyf jaar geopereer aan sy skopvoet se achilles-sening.
Maar dis nie net sy gesondheid wat hom opkeil nie. Sy stormagtige egskeiding was die afgelope week alweer in die nuus nadat sy eksvrou, Karlien van Jaarsveld, Dinsdagaand histeries op sosiale media aangekondig het dat haar vierjarige tweeling soek is. Mense het haar laat weet Derick is dronk by ’n Kersmusiekkonsert in Pretoria, het sy op Instagram gesê.