Die aktrise en regisseur Shareen Swart, stigter van die PALI-opleidingsakademie vir akteurs, sê die suksesvolste akteur is die een wat die aanpasbaarste is.
Die norm verander konstant, sê Swart, regisseur van die solostuk Broei, een van die stukke wat in DEURnis se tweede speelvak opgevoer word.
DEURnis is unieke, intieme, een-tot-een-teater wat in ’n huis afspeel.