Schalk Pienaar, op sy dag redakteur van Rapport se voorganger, Die Beeld, sou Donderdag 100 gewees het. Johann Holzapfel onthou ’n legendariese koerantman.
Met die viering van Die Burger se halfeeufees in 1965 is ’n groepfoto van die redaksie en bestuur geneem. Altesame 58 in spangelid. Ses rye diep met die ingelaste gesigfoto’s van 17 afwesiges bo.
Net een van hulle dra ’n strikdas. Hy sit in die tweede ry van voor, heel regs: S.W. Pienaar (assistentredakteur). Schalk vir sy senior kollegas. Meneer Pienaar vir die res.