Vrydag 3 Januarie se brieweblad het my groot vreugde verskaf!
Ek vereenselwig my met iets in elkeen se bydrae. Veral met dié van oom Gert Terblanche, my oorspronklike mentor aan die begin van die 1960’s by Volksblad: “Ons mense se koppe het gehang” en “Suid-Afrika se tyd om uit die as op te staan.”
Oom Gert, die president spoeg van sy vakbonddae nyd teen wittes. Met sy bewindaanvaarding het ek hom verwelkom nadat hy godsdienstige waardes gepredik het. Intussen het hy wittes gekasty as wrede diewe en dan weer gepaai. Sy optrede op Geloftedag by Bloedrivier was deurspek van leuens en nyd.