Die uurglas loop nou leeg vir benoemings in die Old Mutual Legends-eerbewyse wat eersdaags gehou word.
Lesers wat graag legendariese mense uit die Breedevallei wil benoem, het kans tot môre (Maandag 28 Januarie) om dit te doen.
Die gala-aand waarop die finaliste vereer gaan word, word Saterdag 23 Februarie gehou.
Ken jy iemand wat as ’n legendariese mens kwalifiseer? Skryf hom/haar gerus in.
Old Mutual wil mense wat ’n impak op die lewe van ander in die Breederiviervallei gehad het, of steeds het, vereer en ander inwoners op dié manier aanmoedig om hul deel te doen om die gemeenskap uit te bou.
Wat is die riglyne om potensiële bekendes in die Breederiviervallei te benoem? . Die kandidaat moet in die gebied van die Breedevallei-munisipaliteit woon (Worcester, Rawsonville, De Doorns of Touwsrivier).. Die benoemde moes ’n ekonomiese of maatskaplike invloed op die gemeenskap gehad het of steeds hê.. Mense van verskillende beroepe of sektore soos onderwys, sake, sport of landbou kan benoem word.. Die kandidaat moet ouer as 50 wees.. Skryf ’n motivering van nie meer as 300 woorde nie en verskaf genoeg inligting om die keurkomitee ’n begrip van die kandidaat se bydrae te bied.Stuur gerus ook briewe, biografiese inligting en/of inligting oor projekte of inisiatiewe om die motivering te staaf.. Rig benoemings aan Elsophie Hill by JGHallPA1@oldmutualpfa.com.. Benoemings sluit Maandag 28 Januarie 2019.
Die keurkomitee sal die finaliste binnekort hier aankondig.
’n Galadinee ter ere van ons Breederiviervallei-bekendes word Saterdag 23 Februarie 2019 van 18:30 af by die Worcester-gholfklub gehou. Kaartjies om dié geselligheid by te woon, kos R120 en is beskikbaar by Elsophie Hill van Old Mutual.
Al die geld wat ingesamel word, is vir plaaslike welsyn. . Kontak Elsophie Hill by JGHallPA1@oldmutualpfa.com of 023 348 7915, stuur ’n faks na 086 581 6204 of besoek haar by Old Mutual, 1ste verdieping, Hoogstraat 64, Worcester.