Suid-Afrika se koningshuise, hul tradisionele feeste en ander koninklike gebeure sal voortaan dalk meer aandag op SAUK-kanale kry omdat Hlaudi Motsoeneng, SAUK-bedryfshoof, die land se erfenis wil vier.
Motsoeneng het die afgelope week koning Goodwill Zwelithini van die Zoeloes en Toni Mphephu Ramabulana, Venda-koning, daaroor besoek.
Die onverwagse bevel van Motsoeneng dat SABC3 van 1 Julie af 80% plaaslike inhoud moet wys, het wye implikasies.