Benoude spronge – of ’n meesterplan?
Dis die groot vraag nadat die bestuur van die Suid-Afrikaanse Skolespan Maandag 12 veranderings aangebring het aan die span wat Wallis verlede week naelskraaps met 43-40 geklop het.
Die buiteagterspeler en onderkaptein, Muzi Manyike, en skakelpaar, Juan Mostert en Thomas Bursey, is die enigste van die spelers wat Vrydag teen Wallis begin het wat ook Dinsdag teen die gevaarlike span van Frankryk sal uitdraf.