Beast Mtawarira sal die vonk vir die Haaie moet verskaf om weer op die wenpad te kom.
Nadat hy bykans die laaste twee maande uit aksie was weens ’n kniebesering, is die mees ervare Super-rugbyspeler in Suid-Afrika terug in aksie vir Saterdag se Superwedstryd teen die Stormers op Nuweland in Kaapstad.
Hy vervang vir Mzamo Majola as loskopstut en die afrigter, Robert du Preez, het dit Donderdag as “wonderlike nuus” beskryf.