Duane Vermeulen het van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) opdrag gekry om hom op 5 Junie by die Springbokkamp aan te meld ongeag strafmatreëls wat sy Franse klub teen hom kan instel.
Doen hy dit nie, sal hy verplig wees om sy internasionale uittrede skriftelik aan die beheerliggaam bekend te maak sodat hy in Junie vir Toulon in die Franse Top-14 liga kan speel. Dit sal beteken dat Vermeulen dan vir ses maande nie toetsrugby mag speel nie.
Die wintertoetse in die Suidelike Halfrond val in Wêreldrugby se vensterperiode. Toulon is dus verplig om sy toetsspelers vry te stel.