Julius Malema en Floyd Shivambu gebruik die EFF se geldkoffers om hulself te verryk, en ja, daai VBS-geld is reguit na die EFF toe.
Dít is van die bewerings wat die EFF-LP Thembinkosi Rawula Vrydag op sy Facebook-blad gemaak het.
Rawula, wat nie weer op die EFF se kandidatelys vir die parlement verskyn nie, het in die plasing gesê die EFF is onder ’n diktatorskap van Malema, EFF-leier, en sy adjunk, Shivambu.