In die vorige Eiendomspraatjies wat op 14 Julie verskyn het, het ons begin gesels oor ’n paar minder bekende struikelblokke wat ondervind kan word tydens die koopproses. Vandag fokus ons op nog twee van dié moontlike probleme:
’n Belangrike kwessie om te onthou is dat die deeltitelskemas, bouplanne en deelplanne van die skema in orde moet wees.
Hier moet jy sorg dat jou uitbreidings of aanbouings op die bestaande planne bygevoeg word. Die sonering van die skema, die bouplanne en die deelplanne moet ooreenstem voordat goedkeuring toegestaan sal word en jou aanbouings wettig is. Hier moet art. 28(9) ingevolge Tshwane se 2016-grondgebruiksbestuursverordening nagekom word.