Eers verwyt en toe ’n dreigement. Só word ’n boodskap vertolk wat Markus Jooste aan ’n sakevriend gestuur het om hom na bewering te laat afsien van ’n plan wat Jooste se private beleggingsvoertuig Mayfair sou kelder.
Die WhatsApp-boodskap is op 15 Februarie aan Shaun Bruyns gestuur.
Dit het aan die lig gekom in hofstukke van die minderheidsaandeelhouers van Lodestone. Hulle vra die hof om te keer dat Jooste se Mayfair-maatskappye Lodestone op ’n veiling verkoop om sy skuld te delg.