Philip Paphitis, voormalige uitvoerende hoof van Ensolor, wat die Suid-Afrikaanse franchise vir die speelgoedgroep Hamleys besit het, het homself geskiet toe die polisie hom in hegtenis wou neem.
Stefan Steyn van Business Rescue Practitioners, wat die sakeredding van Ensolor behartig, het aan Netwerk24 gesê Paphitis het sy eie lewe geneem toe die polisie hom in Desember by sy vriendin se huis in Kaapstad in hegtenis wou neem. Hy was 54 jaar oud.
’n Woordvoerder van Hamleys het dit ook Dinsdag aan Netwerk24 bevestig. Dit het drie weke gelede gebeur, maar die polisie het nog nie die datum of plek waar hy dood is, bevestig nie.