Net hy en sy medegevangenes. Geen koek, vriende, besoekers, telefoonoproepe of selfs ’n spesiale ete nie.
Dis hoe die driedubbele bylmoordenaar Henri van Breda Donderdag sy 24ste verjaarsdag in die jeugsentrum by die Drakenstein-gevangenis buite die Paarl deurgebring het.
Dit is in skrille kontras met sy verjaardag ’n jaar gelede toe Van Breda in die getuiebank in die hooggeregshof in Kaapstad sy weergawe van wat gebeur het, ten aanskoue van die hele land, gegee het.