Prof. Mike Dove (76), ’n afgetrede patoloog en mikrobioloog van Lynnwood Park, het op hoërskool al begin seëls versamel.
Sy versameling, wat hy oor meer as 50 jaar bymekaar gemaak het, bestaan deesdae uit meer as 70 000 seëls wat etlike duisende rande werd is.
“Ek het klein begin met wat ’n skoolseunversameling genoem word,” sê hy. “Met ’n skoolseun- versameling gaan dit bloot oor wie die meeste seëls in sy versameling het.”