Wat ’n guns sou wees vir een vrou het ’n nasionale organisasie geword wat ouers wat babas verloor het, help.
The Angel Gown Initiative (Tagi) is in Junie verlede jaar deur Eric Elronde, ’n modeontwerper van Gordonsbaai, begin.
Binne ’n jaar het Elronde die verspreiding van sy engelrokkies tot 28 hospitale landwyd uitgebrei, met bestellings wat nou van so ver as Namibië kom.