“Lectures in the majority of the programmes should be in English.”
Dit is die aanbeveling van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se geheime taalkomitee vir die nuwe taalbeleid vir voorgraadse studente.
Engels word ook aanbeveel as die enigste taal op nagraadse vlak en vir die skryf van verhandelings en tesisse – met die enigste uitsondering van verhandelings en tesisse in taalvakke. Huidige studente kan darem hul verhandelings in Afrikaans voltooi.