Die Europese Unie (EU) se voorgenome verbod op ingevoerde volstruis, krokodil- en wildsvleis uit Suid-Afrika gaan die plaaslike volstruisbedryf knou.
“Tot nou toe kon ons darem hittebehandelde volstruisvleis daarheen uitvoer, maar hierdie mark sal nou ook toegemaak word. Dis baie sleg vir ons bedryf,” sê Piet Kleyn, uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Volstruissakekamer.
Die EU se besluit hou verband met voorbehoude oor Suid-Afrika se monitering van chemiese middels wat die plaaslike wild- en volstruisbedryf gebruik en wat moontlik op die EU se lys van verbode middels verskyn, sê Kleyn.