Die Ierse rugbylegende Brian O’Driscoll het die Engelse ster Owen Farrell gewaarsku om sy duikslagtegniek aan te pas.
Die Rose se losskakel het in November twee keer met moord weggekom. Sy blatante skouerloop op André Esterhuizen op Twickenham het vir groot omstredenheid gesorg toe hy skotvry daarvan afgekom het, al het die kykweer bewys dit is minstens strafbaar en waarskynlik ’n geelkaart werd.
Engeland het met 12 – 11 geseëvier.