Owen Farrell is beskikbaar om Engeland volgende week teen Nieu-Seeland aan te voer nadat bekendgemaak is dat geen dissiplinêre stappe teen hom gedoen sal word vir ’n omstrede duikslag in die laaste minute van die toets teen Suid-Afrika Saterdag op Twickenham nie.
Wêreldrugby het op Twitter bevestig dat daar geen spelers uitgewys is ná Saterdag se toets nie.
Die toets het dramaties geëindig nadat ’n ooglopende skouerloop van die tuisspan se losskakel en mede-kaptein, Farrell, op die Bokke se plaasvervanger-senter André Esterhuizen, in die laaste minute ongestraf gebly het.