Fiëstas: Donker drama voor in koor

Greta Pietersen, Nicola Hanekom, Wilhelm van der Walt, Louis van Niekerk en Wilna Snyman in Son. Maan. Sterre dié Woordfees-produksie het met sewe die meeste Fiësta-benoemings ingehark. Foto: Leanne Stander

 ’n Donker drama, Son.Maan.Sterre, wat onder meer ouerskap, pedofilie en eensaamheid as temas het, het met sewe die meeste Fiësta-benoemings ingeryg

Die Brit Alice Birch se drama wat op die US Woordfees in Afrikaans gedebuteer het, is geregisseer deur Christiaan Olwagen en is uit Engels deur Saartjie Botha vertaal. Dit het aan Wilhelm van der Walt ’n benoeming as beste akteur besorg, terwyl Louis van Niekerk as beste manlike byspeler, Greta Pietersen, Nicola Hanekom én Wilna Snyman as beste vroulike byspelers benoem is.

Olwagen is benoem vir regie asook sy teaterontwerp en Son.Maan.Sterre is benoem as beste aanbieding op ál die feeste vanjaar. Van der Walt is op Aardklop vanjaar as beste akteur bekroon vir sy onheilspellende vertolking in dié aangrypende stuk.

Die Fiëstas vereer prestasie op die land se ses kunstefeeste.

Nicola Hanekom se In Glas (KKNK) het ses benoemings ingeoes. Nico Scheepers se Amper, Vrystaat (Vrystaat Kunstefees) en Die Dag is bros (Innibos) van Wessel Pretorius het beide vyf benoemings gekry.

Die Burger se Die Burger 100 jaar uitstalling onder kuratorskap van Sandra Hanekom is erken met ’n benoeming vir visuele kuns. Dit was op die Suidoosterfees (SOF) te sien. 

Die aktrise Lida Botha word vir haar lewenswerk vereer, asook Ronnie Samaai vir klassieke musiek en die dramaturg Pieter Fourie vir woordkuns.

Vanjaar se benoemings is:

Beste akteur:

  • Albert Pretorius vir Buite blaf die honde swart (KKNK)
  • André Odendaal: Skuldeiser (US Woordfees)
  • Stian Bam: In glas

Beste aktrise:

  • Anna-Mart van der Merwe: Skuldeise
  • Milan Murray: Amper, Vrystaa
  • Sandra Prinsloo: Die dag is bros
  • Tinarie van Wyk Loots: Hemelruim en In glas

Beste manlike byspeler: 

  • Louis van Niekerk – Son.Maan.Sterre;
  • Dean Smith – Die Dag is Bros; en
  •  De Klerk Oelofse en Loukmaan Adams – Liewe Heksie Flower Power (KKNK).

Beste vroulike byspeler: 

  • Greta Pietersen – Son.Maan.Sterre;
  •  Nicola Hanekom – Son.Maan.Sterre;
  •  Wilna Snyman – Son.Maan.Sterre; en
  •  Tinarie van Wyk-Loots – Buite Blaf die Honde Swart.

Beste regie:

  • Christiaan Olwagen – Son.Maan.Sterre;
  •  Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK)
  •  Nico Scheepers – Amper, Vrystaat; en
  •  Nicola Hanekom – In Glas.

Beste teaterontwerp:

Benewens Son.Maan.Sterreb is Birrie le Roux vir Skuldeiser; Scheepers vir Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros benoem.

Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie:

  • Amanda Strydom – Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK);
  •  Laurika Rauch – Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop);
  • Margit Meyer-Rödenbeck (konsep) Liewe Heksie: Flower Power; en
  •  Schalk Joubert (musiekregie) – Al Lê die Berge nog so Blou (KKNK).

Beste spel in ’n solovertoning:

  •  Gys de Villiers – Elsie se Nommers (Innibos);
  •  Marion Holm – Die Kaap is Weer Holms (KKNK);
  •  Marlo Minnaar – Santa Gamka; en
  • Wessel Pretorius – Adam 2 (Woordfees).

Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie:

  • Eben Venter, Marlo Minnaar en Jaco Bouwer – Santa Gamka;
  • Nico Scheepers – Amper, Vrystaat;  
  • Nicola Hanekom – In Glas; en 
  • Wessel Pretorius – Die Dag is Bros. 

Beste prestasie in klassieke musiek:

  • Esthea Kruger – Rising Star (Woordfees);
  •  Kaapse Jeugkoor onder leiding van Leon Starker – Na Waters waar Rus is (Woordfees);
  •  US-koor onder leiding van André van der Merwe – US-koor (Woordfees); en
  • Zanne Stapelberg en Odeion-strykkwartet (SOF).

Beste prestasie in visuele kuns:

  • Sandra Hanekom – Die Burger 100 jaar uitstalling;
  • Alex Hamilton – Jou Daaglikse Dosis en Opskiet by die Mu­seum (Aardklop en Woordfees); 
  •  Nathani Luneburg – As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK); en
  •  Sanell Aggenbach – Atopia (Aardklop).

Beste musiekgedrewe produksie:

  • Al Lê die Berge nog so Blou;
  •  In die Grond van die Wind; 
  •  Liewe Heksie: Flower Power;
  •  Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch.

Beste aanbieding:

  • Amper, Vrystaat;
  • Die Dag is Bros;
  •  In Glas en 
  •  Son.Maan.Sterre.
  • Die wenners van die Fiësta-pryse word op 18 Februarie 2016 bekend gemaak by ’n glansgeleentheid in die Staatsteater. 


Rand - Dollar
17.58
+0.4%
Rand - Pond
21.18
+0.3%
Rand - Euro
18.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
972.03
-0.2%
Palladium
1,648.06
+3.1%
Goud
1,869.04
+0.1%
Silwer
22.13
-0.6%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos