Wie gaan volgende Saterdag die Jaguars se teenstander in die eindstryd wees?
Dié vraag sal eers Sondag ná die laaste groepwedstryde van die Nasionale Liga in Pretoria beantwoord word. Wat wel ná Vrydag seker is, is dat die Noord-Gautengers die netbalkompetisie oorheers. Dis nie so ’n groot verrassing nie – hulle is immers die verdedigende kampioen.
Wat ook ’n feit is, is dat enigeen wat hul titel wil afneem, hul spelpeil sal moet lig en bestendige netbal speel.