Kultuurorganisasies moet tuiskomplekke wees, skryf Flip Buys na aanleiding van die omstredenheid oor die ATKV se projek om uit te reik na inheemse taalgemeenskappe.
Die post-94 historiese stroomversnelling in Suid-Afrika het geen organisasie onaangeraak gelaat nie. Dit is ’n kuns én ’n wetenskap om ’n boot veilig deur die stormwaters van groot omwentelings te stuur. Baie Afrikaanse organisasies het dan ook onder die golwe van hierdie onstuimige tyd verdwyn.
Die vraag hoe organisasies verandering moet bestuur, word ten beste deur die bestuurskundige Jim Collins van die Stanford-Universiteit beantwoord.