Die blote gedagte om jou huis te verkoop en na ’n nuwe een (én soms dorp of stad) te trek, is genoeg om baie mense in ’n koue sweet te laat uitslaan. Bill Rawson, voorsitter van die Rawson Property Group, gee raad oor hoe om kalm te bly en nie onnodige foute te maak nie.
Dis altyd baie stresvol om te verhuis – veral as dit saam met ’n ander groot lewensveranderende besluit soos aftrede of verhuis na ’n ander stad saamgaan.