Vroeër die week het die ANC en die regering ’n striemende aanval op die Verenigde State van Amerika (VSA), Duitsland, Nederland, Switserland en Brittanje geloods nadat dié vyf lande hul kommer uitgespreek het oor ons land se beleggingsklimaat.
Die ANC het hulle as “imperialistiese magte” beskryf wat die staat wou “kaap” en die Grondwet “ondermyn”.
Terwyl sekere ontleders hul skok uitgespreek het oor die ANC se reaksie, veral gegewe dat die vyf lande vir 70% van vaste buitelandse belegging in die land verantwoordelik is, was die reaksie perfek in pas met ons land se buitelandse beleid.