Die regering ly aan skisofrenie.
Hy het dit duidelik gestel dat hy nie wit boere in die land wil hê nie omdat hulle misdadigers is wat hul grond gesteel het en hul werkers mishandel. Daarbenewens is wit boere die oorsaak van rassisme, armoede, werkloosheid en ongelykheid in die land en indien die regering nie hul plase sonder vergoeding onteien nie, sal Suid-Afrika nooit ’n voorspoedige samelewing wees nie.
Die skisofrenie is die duidelikste sigbaar in die reaksie op die Australiese regering, wat die geleentheid raakgesien het om hul land met hardwerkende landboukundiges te bevolk deur verblyfpermitte vir Suid-Afrikaanse boere te bespoedig. Eerder as om die Australiërs te bedank dat hulle Suid-Afrika wil help om armoede en ongelykheid te oorkom en maatskaplike geregtigheid te verseker, het ons regering hulle in die media aangeval en daarop aangedring dat die aanbod teruggetrek word.