’n Kollega het die afgelope week vir my ’n dokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming genaamd die “een-huishouding-twee-melkkoeie-beleid” gewys.
Die beleid stel voor dat eenhektaar-persele en twee melkkoeie aan families gegee moet word. Die regering sal alle voer, medikasie, vervoer en ander ondersteuning voorsien. Die regering sal ’n gemeenskaplike melkskuur bou waarheen jy elke dag jou koeie sal neem om hulle te melk.
Die verslag sluit selfs ’n kaart in van hoe hierdie nuwe landbougemeenskappe sal lyk, wat aandui waar die mense met hul koeie sal leef en waar die melkskuur, meganiseringskuur en melkbergingsfasiliteit sal wees.