Ná ’n aankondiging dat swart deponeerders gratis aandele in sy nuwe bank sou ontvang, terwyl wit deponeerders dit nie sou kry nie, is die Discovery-groep van rassisme beskuldig – maar sy werklike versuim is ernstiger as dit.
Ter verdediging het Discovery gesê die aandeleskema is bedoel om benadeelde mense te bemagtig. My kollega Sara Gon het egter verlede week die punt geopper dat “(Discovery) nie die omstandighede van sy swart kliënte in aanmerking neem nie. Geen oorweging sal daaraan geskenk word of ’n kliënt benadeel is nie; die enigste oorweging sal wees of die kliënt swart is of nie.”
Dit bly in ’n groot mate die probleem met bemagtigingsbeleid in die algemeen.