Dit is nogal ongelooflik om te dink dat eiendomsregte tien jaar van die Jacob Zuma-bewind merendeels oorleef het, maar ná net een maand nadat pres. Cyril Ramaphosa die leisels oorgeneem het ernstig gekompromitteer is.
Dae nadat die parlement ten gunste van ’n mosie van onteiening sonder vergoeding gestem het, het Ramaphosa die land meegedeel dat daar “geen rede vir paniek is nie . . . dat boerdery soos gewoon moet voortgaan en beleggings in grond en boerdery moet voortduur”.
Dink hy beleggers is dom?