Glo u dat verhoudinge tussen Suid-Afrikaners sedert 1994 verbeter het? Data wat ons binnekort sal publiseer, gegrond op 2018-meningspeilings, toon dat 57% van alle Suid-Afrikaners glo dat dit wel gebeur het. 14% voel dit het dieselfde gebly, 26% dink dit het versleg, en die oorblywende 2% het nie geweet nie of wou nie sê nie.
Dit is ’n aspek wat ons oor die afgelope jare herhaaldelik beklemtoon het, dat verhoudinge tussen Suid-Afrikaners baie beter is as die indruk wat op sosiale media of in die hoofstroommedia geskep word.
Ons het gevra of verskillende rassegroepe moet saamwerk om ’n beter samelewing te bou, waarmee 88% van Suid-Afrikaners saamgestem het.