Verlede week het die regering aangekondig dat hy sou probeer om ’n boperk op die prys van petrol te stel om verligting vir verbruikers te gee.
Die implikasie is dat die petrolprys te hoog is omdat die regering dit nie laer gemaak het nie – ’n stap in die rigting van piesangrepubliek-ekonomie. Dit is natuurlik onsin. Die petrolprys het skerp gestyg hoofsaaklik omdat die wisselkoers verswak het. Die wisselkoers het verswak omdat die beleid van die regering dit moeiliker gemaak het om in Suid-Afrika te belê.
Hierdie tipe denkwyse sal ons in die toekoms in al hoe groter mate sien.