Groot oes- en arbeidsverliese, wat uiteraard rampspoedig kan wees vir landbou in die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap, kan verwag word as dit nie binne die volgende maand of drie genoeg reën om verligting te bring nie.
Dié waarskuwing kom van Spes du Preez, voorsitter van die Gamtoos-landbouvereniging.
Die Gamtoosvallei is een van die land se grootste uitvoerders van sitrus na die buiteland, terwyl dit as die spens van die Oos-Kaap bekend staan weens die produksie van groente en mielies hier.