Besproeiingsboere in die Gamtoosvallei wat die afgelope paar jaar erg gesukkel het weens die kritieke, voortslepende droogte sal in die nuwe waterjaar heelwat meer van hulle kwota water kan trek.
In ’n uiters welkome besluit het die department van waterwese groot verligting gebring deur die 40%-kwota wat die droogtegeteisterde boere die afgelope jaar kon gebruik, te verslap sodat hulle nou 85% van hulle volle kwota kan trek. Die nuwe waterjaar tree Maandag in werking tree
Dié besluit, wat groot ekonomiese verligting vir die 200 sitrus-, groente- en suiwelboere sal bring, is Dinsdag tydens ’n vergadering wat deur amptenare van die department, Gamtoos-besproeiingsraad en Nelson Mandelabaai-metro-munisipaliteit bygewoon is, geneem.