Suid-Afrika het ’n daadwerklike plan nodig om die ekonomie uit die resessie te lig, sê David Maynier, DA-woordvoerder oor finansies.
Hy het gereageer op die nuus dat Suid-Afrika tegnies in ’n resessie is en op die “patetiese reaksie” van die minister van finansies, Malusi Gigaba, dat hy “binnekort met sakeleiers sal vergader om maniere van samewerking te bespreek om inklusiewe ekonomiese groei te bereik”.
Hy sê hierdie reaksie help niks want dit wys net dat Gigaba géén werklike plan het om die land uit die resessie te kry en die enorme werkloosheidsyfer die hoof te bied nie.