Hy slaap nie snags nie terwyl sy kind in die tronk is - en “onregverdig” daar is.
Só sê Henke Pistorius, Oscar se pa, nadat hy vandeesweek “gesiene regshulp” ingewin het om sy seun uit die tronk te probeer kry.
“Ek het volle vertroue dat die goed waarop ek nou staatmaak, conclusive is. Daar is geen ander woord wat dit so goed verwoord soos conclusive nie. Ek het volle vertroue dat dit gaan slaag,” het Henke gesê.