Die geweld wat Vrydag tydens ’n verkiesingsdebat in Houtbaai uitgebreek het, waar ondersteuners van politieke partye mekaar onder meer met stoele getakel het, is “totaal onaanvaarbaar” en sal op ’n nasionale vlak aandag kry.
Eerw. Courtney Sampson, Wes-Kaapse hoof van die Verkiesingskommissie (OVK), het gesê almal behoort bekommerd te wees oor die voorval.
“Dit dui op ’n samelewing waarin mense nie na mekaar kan luister en verskillende oogpunte kan aanvaar nie. Suid-Afrikaners het die reg om aan enige party te behoort of hulle te steun.