Die stigtingskongres van die South African Federation of Trade Unions (Saftu), ’n inisiatief van Zwelinzima Vavi, voormalige hoofsekretaris van Cosatu en die metaalwerkersvakbond Numsa, word tot vandag toe gehou.
Sedert Vavi en Numsa in 2015 die trekpas by Cosatu gekry het, het hulle dié nuwe vakbondfederasie beplan. Dit was ’n opdraande stryd, want ’n federasie benodig groot vakbonde as lede om die instelling relevant en finansieel selfstandig te maak.
Vakbonde wat by ander federasies geaffilieer is, moes oorreed word dat Saftu hul belange beter sal dien.