Deel

Grilboek-gier hier om te bly

Rillers en grillers was lank iets waarvan net sekere gehore gehou het.
Die tipiese demografie van ’n griller-fanatikus sou gewoonlik as ouer en manlik beskryf word, maar die landskap is aan die verander en jeugskrywers poog om die teendeel van die persepsies rondom hierdie boeke en films te bewys.
Die 36-jarige De Wet Hugo woon tans in Jeddah, Saoedi-Arabië, waar hy as onderwyser by ’n Britse skool werk. De Wet is in 1982 in Worcester gebore en het sy grootwordjare in die Boland deurgebring. Nie net het hy ’n absolute passie vir wat hy elke dag doen nie, maar hy is ook ’n bekende skrywer, veral onder die jeug van Suid-Afrika.
De Wet Hugo
“Ek is in Worcester gebore en het saam met my ouers en twee susters op ’n plaas gewoon. Ek was in Worcester op skool en later is ek koshuis toe. Ek onthou nog die sjarme van Worcester, veral die hoofstraat, Hoogstraat, waar ons rondgeloop het en ure in die Wimpy spandeer het of tussen winkels gesnuffel het vir lekkergoed en nuwe CD’s.
“Ek mis die skou wat elke jaar gehou is en hoe ons Vrydae ná skool afgelaai en later die aand weer met ons ouers herenig is. Kleinplasie was ook ’n absolute hoogtepunt om te besoek, veral vir skooluitstappies en om die dag saam met my maats te kon deurbring. As ek so terugdink, mis ek my grootwordjare,” vertel De Wet.
Hoewel hy nou oorsee woon en werk, besoek hy Worcester gereeld as hy in Suid-Afrika is. Sy susters woon nog in die area.
Hy het ná skool ’n jaar lank aan sy musiekloopbaan geskaaf, maar vinnig met behulp van ’n beroepsvoorligter eerder op onderwys besluit. Vandag is hy nie vir ’n oomblik spyt nie.
“Ek kan nie dink dat ek ’n meer gepaste beroep kon kry nie. Ek onthou hoe ek as jong kind ure by die plaaslike biblioteek kon spandeer en boeke uitneem en opslurp as ek tuiskom – ek het net nog altyd ’n liefde vir lees gehad. “Onderwysers het ook iets in my raakgesien wat ek eers later in my eie lewe kon raaksien en dit is die talent om ’n woordkunstenaar te kan wees.
“Vandag het ek heelwat gepubliseerde boeke, alles vir kinders.”
De Wet behoort teen einde September vyf van sy eie boeke, almal deel van sy Grilgrypers-reeks, op die rak te hê. Hy het ook al tot vyf ander boeke en gepubliseerde werke bygedra.
“Mense het vir ’n lang tyd neergesien op hierdie boeke, maar nooit besef dat kinders soveel daaruit kan leer nie.
“Iemand het eendag geskryf as ’n kind ’n grilboek kan deurmaak, kan hy of sy ’n skoolboelie in die oë kyk. Elke karakter wat ek geskep het, het in ’n mate ’n vrees gehad wat oorkom moes word en daarom voel ek elkeen kan uit hierdie boeke leer – elke kind het ’n vrees wat oorkom moet word,” sê hy.
Meisie in die maanlig is onlangs vrygestel en handel oor die wonderwêreld van zombies en dek ook baie maatskaplike kwessies. Sy jongste boek, Die groen watergraf, sal ook eersdaags verskyn en dit sal geen bonatuurlike elemente bevat nie, maar wel handel oor maatskaplike kwessies en vrese wat oorkom moet word.
Meisie in die maanlig het baie goed gevaar op my onlangse boeketoer in Gauteng en Noordwes. Ek is besonder trots op al my boeke en dit is fantasties om terugvoering van die ouers en kinders te kry oor hoe baie hulle my skryfwerk geniet. Ek is in ekstase oor die feit dat mense my naam aan hierdie boeke koppel en ander, soortgelyke werke met myne vergelyk en my dan kontak om hul gevoel oor my boeke te bespreek. Ek waardeer almal wat my boeke lees en koop,” vertel hy trots.
De Wet sê dat hy nie wil ophou skryf nie en, solank as wat hy die geleentheid het, sal wil bydra tot Suid-Afrikaanse jeugliteratuur.
Hy droom ook daarvan dat sy boeke eendag vertaal sal word en moontlik ook tot draaiboeke verwerk sal word.
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.31
-0.8%
Rand - Pond
22.50
-1.2%
Rand - Euro
19.78
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
973.10
+0.5%
Palladium
1,418.30
+1.2%
Goud
1,957.34
-1.1%
Silwer
23.08
-0.7%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos