Die hele proses is 'n bespotting.
Dit is die waarneming van Dr. Corné Mulder, VF-Plus-LP, oor die wysiging van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
“Ons glo dat die publiek se tyd gemors is en dat die ANC nooit ernstig daarmee was om die publiek daarin te ken nie. Die beste bewys dat die proses ’n bespotting is, is dat die president reeds op 31 Julie aangekondig het dat die ANC die Grondwet wil wysig.”