Etnisiteit kan nie geïgnoreer word in huidige debatte oor grond en die herverdeling van grond nie, skryf Andries Bezuidenhout.
Debatte oor die herverdeling van grond in Suid-Afrika gaan meestal oor eiendom wat deur private individue of maatskappye besit word.
Benewens grond wat privaat besit word, is daar natuurlik staatsgrond, asook grond wat gemeenskaplik besit word, maar deur die staat vir hierdie gemeenskappe in trust gehou word.