Wanneer jy weer naby Middelburg in die Oos-Kaap kom, draai af na Grootfontein en vertrek op ’n reis die verlede in.
My nuuskierigheid was geprikkel. Die Landboukollege Grootfontein, net buite Middelburg in die Oos-Kaap, spog met ’n nalatenskap wat die stille getuie is van die era meer as ’n eeu gelede toe dit ’n groot en bedrywige tydelike Britse militêre basis was.
’n Britse vredesmag bestaande uit nagenoeg 11 000 mense (7 500 Britse soldate en 3 500 vroue en kinders), was sewe jaar lank, tot 1910, hier gevestig.