Kyle Steyn, kaptein en senter van Griekwas se rugbyspan, is verlore vir Suid-Afrikaanse rugby.
Steyn (24) meld hom op 1 November by Skotland se sewesspan se oefengroep aan. Hy hoop om gekies te word vir die eerste twee toernooie van die nuwe seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks, wat later vanjaar begin.
Die reeks in Dubai is op 30 November en 1 Desember voordat Kaapstad (8 en 9 Desember) aan die beurt kom.