As sy net ’n bietjie harder kan konsentreer tydens naellope, is sy tot vinniger tye in staat.
Só sê die Tuks-atleet Tebogo Mamathu nadat sy Donderdagaand die 100 m vir vroue in die eerste Grand Prix-atletiekbyeenkoms in Ruimsig, Johannesburg, gewen het.
Mamathu het die wenstreep in ’n tyd van 11.47 sekondes oorgesteek, wat 0.01 van ’n sekonde vinniger is as haar wentyd verlede naweek by die Noord-Gautengse Kampioenskappe.