Janusz Walus se Suid-Afrikaanse burgerskap is, volgens sy advokaat, herroep.
Só het adv. Roelof du Plessis, SC, Maandag in die appèlhof in Bloemfontein voor ’n volbank regters gesê ten tyde van die appèlverhoor oor of Walus wel op parool vrygelaat moet word.
“Die verteenwoordigers van die departement van binnelandse sake het dit bevestig,” het Du Plessis voor regters Christiaan van der Merwe, Jeremiah Shongwe, Mandisa Maya, Boissie Mbha en Ashton Schippers gesê.