“Ek wou eers nie getuig nie, maar ek gaan, vir Hannah se onthalwe.”
Dit was Woensdag die woorde van Marilyn Marsh, Cheslin Marsh se ma, kort nadat die Matie-student Hannah Cornelius se drie moordenaars, Vernon Witbooi, Geraldo Parsons en Eben van Niekerk, skuldig bevind is aan haar ontvoering, roof met verswarende omstandighede, haar verkragting, en haar moord.
Hulle is ook skuldig bevind aan poging tot moord op Marsh, ’n vriend van Hannah, asook aan sy ontvoering.