Hlaudi Motsoeneng se “giftige tentakels” is oral in die SAUK ingeslaan. Selfs as hy môre afgedank word, gaan dit lank duur om die skade wat hy aangerig het, te herstel.
So skryf die Monitor-aanbieder Ivor Price in ’n stuk op Netwerk24 waarin hy sy bedanking by die SAUK aankondig.
Hoewel sy besluit nie regstreeks verband hou met die afdanking van agt senior SAUK-joernaliste vandeesweek nie, is dit duidelik dat die situasie by die SAUK vir hom onhoudbaar geword het.