Pres. Cyril Ramaphosa gaan nog sy hande vol hê met Ace Magashule en sal ’n versigtige skaakspel moet speel om sy hervormingsplanne deur te voer, skryf Theuns Eloff.
’n Mens kan die moedeloosheid van die Suid-Afrikaanse bevolking en spesifiek Afrikaanssprekendes amper aanvoel. Onder die redes hiervoor tel ’n skynbaar ongekende toename in die vlaag van plaasaanvalle en -moorde, Ace Magashule-hulle wat met die Reserwebank foeter en probleme met infrastruktuur en wanfunksionele munisipaliteite op amper elke dorp.
En dan help die Proteas se geploeter by die Wêreldbekertoernooi ook nie!