Hoekom vier ons Paasfees

Dis amper Paasnaweek en vir baie kinders beteken dit: vakansie hou en paaseiers eet. Maar het julle geweet dat Paasfees die eerste keer amper 4 000 jaar gelede in Egipte gevier is? Dit was natuurlik toe die Israeliete, God se volk slawe van die Egiptenare was. ’n Slaaf is iemand wat aan iemand anders behoort en sonder betaling alles vir sy baas moes doen. Die Israeliete het baie swaar gekry in Egipte en hulle het gewens iemand sou hulle vry maak. God het hulle swaarkry gesien en vir Moses geroep om hulle uit Egipte te vat.

Onthou julle nog vir Moses? Dis hy wat in ’n biesiemandjie op die Nylrivier tussen die riete weggesteek was. God het gesê hy moet na die Farao, die koning van Egipte, toe gaan en vra dat die Israeliete mag wegtrek. (Eksodus 1-14). Die Farao wou natuurlik nie sy slawe sommer net laat gaan nie, want wie sou dan al die vuilwerk vir hom moes doen? Daarom het God tien plae oor die Egiptenare laat kom. Elke keer as ’n plaag die land getref het, het die Farao gesê die Israeliete kan maar trek, maar elke keer as die plaag verby was het die Farao teruggegaan op sy woord. Die tiende plaag was die ergste van al die plae. Die Here het vir Moses gesê Hy gaan al die oudste kinders in Egipte doodmaak, sodat die Farao definitief die Israeliete sou vrylaat om te trek. Om te keer dat die doodsengel nie ook die oudste kinders van die Israeliete doodmaak nie, het die Here gesê al die Israeliete moet ’n lammetjie slag en dan die bloed van die lam teen hulle huise se deurkosyne smeer. Die lammetjies se bloed het gekeer dat nie een van die Israeliete doodgemaak is nie en dat almal uit Egipte kon trek. God het die lammetjies gebruik om al die Israeliete vry te laat wegkom.

Om sy kinders te herinner aan hoe Hy hulle uit Egipte, die plek waar hulle slawe was, gered het moes hulle elke jaar Paasfees vier. Baie jare later toe Jesus op aarde geleef het, het Hy en sy dissipels ook Paasfees gevier. Terwyl hulle geëet het, het Jesus brood en wyn gevat en vir sy dissipels gesê, die brood is soos sy liggaam en die wyn is soos sy bloed, as hulle dit eet moet hulle weet dat Hy wat Jesus is, nes die lammetjies in Egipte, doodgemaak gaan word. Nie sodat hulle nie meer slawe van die Egiptenare hoef te wees nie, maar sodat hulle en ons nie meer slawe van sonde hoef te wees nie. So het Jesus die lam van God geword waardeur ons gered word van die dood en hel.

En dis hoekom ons Paasfees vier: om terug te dink aan die dag toe Jesus vir ons sonde aan die kruis gesterf het. Die Donderdagnag wanneer Paasnaweek begin het die soldate Jesus gevang en die Vrydag het hulle Hom aan die kruis gespyker. Daar het Hy gehang totdat hy dood is en daarna het van sy vriende Hom begrawe. Die Sondagoggend toe Maria egter by die graf kom, was sy liggaam nie meer daar nie omdat Hy uit die dood opgestaan het. Daarom vier ons die Vrydag van Paasnaweek Jesus se dood. Dat hy gesterf het om ons deur sy bloed te red. En die Sondag vier ons Jesus se opstanding uit die dood. Dat Hy lewe sodat ons die Ewige lewe kan hê!

Rand - Dollar
16.40
+0.3%
Rand - Pond
19.84
-0.0%
Rand - Euro
16.68
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,775.21
-0.2%
Silwer
20.14
-0.7%
Palladium
2,155.12
+0.1%
Platinum
937.43
-0.1%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,726
+1.1%
Alle aandele
71,505
+1.1%
Hulpbronne 10
65,387
+3.2%
Industriële 25
87,072
+0.1%
Finansiële 15
16,239
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos