Net die hof kan besluit of Ahmed Timol met sy gebreekte skedel, kakebeen en ontwrigte enkel “maklik en binne sekondes” vir Joao Rodrigues kon ontglip om by die venster uit na sy dood te spring.
Maar dis duidelik Rodrigues het Timol uitgestamp, sê die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in hofstukke.
Rodrigues (80), van Pretoria, was ’n administratiewe klerk van die destydse veiligheidspolisie toe Timol in 1971 in polisieaanhouding dood is.