Die hooggeregshof in Kaapstad het Woensdagoggend beveel die parlement moet die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) aanpas om politieke partye te dwing om bekend te maak wie geld aan hulle skenk.
Regter Yasmin Meer het beslis die parlement het 18 maande om Paia te wysig omdat dié wet teenstrydig met die Grondwet is.
My Vote Counts het die aansoek by die hof ingedien.